Bestuur:

Kolonel Piet Groenewald: Besturende Direkteur
Generaal-Majoor Tienie Groenewald: Strategeet & WIPS2

Bestuurder - Groblersdal: Hans Pfahl
Bestuurder - Marble Hall: Rinando Zandberg
Bestuurder - Loskop Dam: Vino Emmauel
Bestuurder - Middelburg: Dirk Zandberg

Die Span:

WIPS voorsien tans opgeleide Khwe-natuurbewaarders aan kommersiële boere in die gebiede om Stoffberg, Middelburg, Loskop Dam, Marble Hall en Rust-te-Winter.  Aanvanklik het die Khwe bewaarders strikke verwyder op plase, die spore gevolg van wilddiewe, die bystand ingeroep van die SAPS en Natuurbewaring wanneer die wilddiewe aangekeer is en rekord gehou van oortredings met betrekking tot wild- en sekuriteitsomheinings.  Die bewaarders het ook wildtellings gehou en wild bestudeer vir siek diere ens.

Weens die uitstekende spoorsny vermoë van die Khwe natuurbewaarders, het die funksies van WIPS gou uitgebrei na die opsporing van gesteelde beeste, bokke en skape, die assistering van die SAPS met opsporing van kriminele verantwoordelik vir diefstal en plaasaanvalle.

Tans beskik WIPS oor 4 voltydse renosterspanne, om 42 renosters te beskerm op privaat wildsplase.  'n Addisionele 10 spanne word ontplooi op 'n deeltydse basis wanneer nodig, om na sowat 70 renosters om te sien in reservate. 

WIPS het dus 180 opgeleide en toegerusde bewaarders in uniform, in diens.  Hulle word voorsien van uniforms, stewels en ander toerusting soos selfone en radios, verkykers, GPS, kamptoerusting, rantsoene en sekuriteitstoerusting.

Meeste van die WIPS sekuriteitspersoneel het 'n konneksie met die ou 31 en 32 bataljons en is dus goed opgelei.

WIPS het 'n reputasie opgebou dat ons nooit opgee nie, die Khwe boesman is bekend daarvoor dat hulle 'n Gemsbok kan moeg hardloop. In 'n onlangse plaasaanval het die Khwe bewaarders kriminele gevolg vir 15 ure totdat hulle aangekeer is met die bystand van plaaslike boere.  Ons gee net nie op voordat ons ons doel bereik het nie!